Vertel jou storie …

Almal het die een of ander interessante herinnering wat ons met ander kan deel.

Onthou jy …

Wat is jou storie?

3 Responses to Vertel jou storie …

  1. Estelle Barnard says:

    Des. 2010 het my man deur gebed ‘n baie goeie werk gekry en ek het aan die Here ‘n belofte gemaak om elke maand my deel vir A K Kinderhuis te stuur. Ek het sommer ‘n paar vriendinne ook gekry om hul deel te gee. Dis so lekker as ek dorp toe gaan om my k/ware te koop ook vir julle goedjies in die trollie te laai. Die boksies wat ek pak is dan die lekkerste en wens so om te weet wie maak die boksie oop, maar net om te weet julle waardeer elke dingetjie is genoeg vir my. Kinders wat baie kry is geneig om nie meer waardering te wys nie, maar ek weet julle staan met glimlagte op jul gesiggies om te sien wat is in die pakkie. Dankie vir die personeel wat elke dag daar by die kinders is. Ek bid vir julle almal. Dankie vir die goeie werk.

  2. Larno says:

    Ek is Larno Aucamp, ek het in die kinderhuis gekom oor goed wat met my gebeur het, ek moet sê dit was nie so selg in die kinderhuis soos julle almal sê nie. Ek het die wonderlikste tyd in my lewe daar gehad, die kinderversorgers en persoeneel was van die beste opgelyde mense wat ek nog ooit ontmoet het.

    So as julle dink dat mense gan julle uitstoot omdat julle in die kinderhuis was maak julle ‘n groot fout, die mense ontvang jou soos wat hulle altyd sal, so geniet jou lewe in die kinderhuis, want jy gan dit nie weer kry nie. Ek is jammer ek is uit die kinderhuis uit.

    Groete Larno
    Pick ‘n Ink
    Shop 1, Brackenfell Sentrum
    Brackenfell
    Wes Kaap
    021-982-4288

  3. Anna-Marie Bouillon says:

    Hi almal. Ek was gedurende die jare 85 tot en met 89 inhuis protea onder toesig van ons huismoeder tani martie van niekerk. Eerstens wil ek net baie dankie se aan abraham kriel kinderhuis se staf gedurende daardie tyd perk en spesifiek vir tani martie vir die opvoeding en liefde wat jy aan ons gegee het. Was dit nie vir julle invloed ni was ek ni wat ek vandag is ni. As enige iemand weet van vriende en vriendinne hiers n paar name na wie ek op soek is. Henela vd merwe Patrys[christina]Jordaan of ha twee sussies Willemien of Magda die De Beer sussies Louisa en Maraleze Holloway sussies ag sommer enige protea girls van daardie tyd. Maak asb kontak. En as enige iemand weet waar tani van niekerk of enige van haar kinders Martie Ragel Anja of Johannes is laat weet asb wil kontak maak. Aan enige iemand wat kontak wil maak julle is baie welkom. Op Facebook is ek onder Annamarie Etrisa Badenhorst en my email adres is annabadenhorst@yahoo.com. Mag God in 2012 vir julle almal hope liefde geluk bring. Groete Annamarie Bouillon

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s